Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 13 VAN 30

'n Verharde hart is 'n verskriklike ding, want so 'n hart kan 'n mens rustig laat voel. 'n Mens sê: "My hart is nie sleg nie, ek is nie aan sonde skuldig nie; al hierdie praatjies oor wedergeboorte en om met die Heilige Gees vervul te word, is soveel dwaasheid." Die mens se hart het die Evangelie van Jesus nodig, maar wil dit nie hê nie. Dit sal daarteen veg en het die oortuiging van God se Gees nodig om mans en vroue te laat verstaan dat hulle die ingrypende werk van genade in hulle harte moet ervaar.

Daar is tye wanneer innerlike vrede op onkunde gebaseer is; maar wanneer ons deur die probleme van die lewe gekonfronteer word, wat deesdae meer as ooit tevore opwel in dreigende golwe, is innerlike vrede onmoontlik, tensy dit van ons Here ontvang word. Toe ons Here van vrede gepraat het, het Hy vrede gemaak. Het jy al ooit ontvang waarvan Hy gepraat het?

OORDENKINGSVRAAG:
1. Watter soort vrede het ek: die soort wat spruit uit die belydenis van wie ek is en om met God versoen te word of om te ignoreer wie ek is en in ontkenning te lewe?

Aanhalings uit: "Biblical Psychology" en "Christian Discipline", © Discovery House Uitgewers.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting