Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Dit is goed wanneer die hemelse oogkundige ons geestelike sig toets en ons ondervind hoe Hy ons sig herstel en reg instel. Daar is een onfeilbare getuienis wat Jesus ons belowe het, en dit is die gawe van sy vrede. Ongeag hoe ingewikkeld ons omstandighede mag wees, een oomblik se kontak met Jesus en die kommer is weg, die paniek is weg, al die oppervlakkige leegheid is weg en sy vrede vervang dit, daar is algehele kalmte, as gevolg van wat Hy sê: "Aan My is alle mag gegee."
O, die volheid van vrede en vreugde en blydskap wanneer ons oortuig word dat "niks ons sal kan skei van die liefde van God wat in Christus Jesus, ons Here is nie!"
OORDENKINGSVRAE:
1. Hoe het God my geestelike sig getoets en reggestel?
2. Wat sien ek nou meer duidelik?
3. Hoe kan helder, geestelike sig kommer en vrees uitskakel?
Aanhalings uit: "So Send I You" en "The Love of God", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting