Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Daar is wonderlike dinge oor lig, maar daar is ook verskriklike dinge. Wanneer die lig van God se Gees in 'n hart deurbreek, word die lewe, wat voorheen volkome gelukkig en vredevol was sonder God, hel vir daardie persoon. Lig bring verwarring en rampspoed. Die koms van die lig laat al die dinge van die nag sidder. Die nag van heidendom word versplinter, nie deur die koms van die beskawing nie, maar deur die getuienis van mans en vroue wat aan God getrou is.
Ons Here gebruik die oog as simbool van die mens se gewete, wat deur die Heilige Gees herstel is. As ons in die lig wandel, soos wat God in die lig is, sal dit ons oë gefokus hou, en stadig maar seker sal ons dade in die regte verhouding kom, sodat alles met harmonie en eenvoud en vrede gevul word.
OORDENKINGSVRAE:
1. Wat het die lig van die Here aan my geopenbaar, wat verwarrend, ontstellend of onduidelik is?
2. Hoe gebeur dit dat, deur op die Here te fokus, alles wat vaag is, in 'n verenigde visie van vrede en harmonie gebring kan word?
Aanhalings uit: "So Send I You" en "Studies in the Sermon on the Mount", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting