Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 11 VAN 30

Jesus Christus se koms is nie iets vreedsaam nie, dit is ontstellend; 'n oorweldigende gebeurtenis. Is ek bereid om in Jesus Christus se koninkryk weergebore te word? Indien wel, moet ek uit die staanspoor voorbereid wees op wanorde in die wêreld waarin ek nou is. Die magsbewind wat 'n skeidsmuur tussen God en die mens veroorsaak, moet weggeneem word. Jesus Christus se teenwoordigheid in my lewe bring 'n algehele ommekeer in die manier waarop ek na dinge kyk; 'n totale omwenteling. Die ou bewind en die ou vrede moet verdwyn; ons kan nie die vorige bewind se vrede terugkry nie.

Wanneer Satan mense se harte regeer, is hulle nie verontrus nie; hulle beleef vrede, verskans in suiwere wêreldsgesindheid (Psalm 73) en voordat God die mens se wêreld kan regeer, moet Hy hierdie valse bewind eers omverwerp.

OORDENKINGSVRAE:
1. Deur watter omwenteling moet ek gaan om vrede te bereik?
2. Watter ommekeer is nodig om die ou bewind te oorkom?
3. Watter valse bewind moet omvergewerp word?

Aanhalings uit: "Servant as His Lord", © Discovery House Uitgewers.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting