Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Hoeveel geloof, hoop en liefde werk in ons wanneer ons iemand probeer oortuig? Dit is nie ons plig om ander mense te oortuig nie, want dan is dit slegs op aandrang van 'n intellektuele, vleeslike lewe. Die Gees van God sal die oortuiging bring wanneer ons in die posisie is waar ons bloot God se Woord oordra. Ons buit die Woord van God uit as ons dit in 'n siening probeer inpas wat ons self geskep het; maar wanneer dit kom by die groot kalmte, vrede en rus van die Here Jesus, kan ons maklik toets waar ons staan.
Om "in die Here te rus", word deur innerlike aktiwiteit vervolmaak. Volgens die mens se algemene denke beteken dit om met gevoude arms te sit terwyl God alles doen; in werklikheid is dit om so volkome in God te bly, dat ons vry is om sonder ophef die werk te doen wat ons veronderstel is om te doen. God doen sy wonderlikste werk in die tye wanneer ons juis nie daaraan dink nie.
OORDENKINGSVRAE:
1. Hoeveel onrus beleef ek wanneer ek probeer om vrede op my voorwaardes te skep, eerder as op God s'n?
2. Watter deel van die vredesproses behoort aan God en watter deel behoort aan my?
Aanhaling uit: "If Thou Wilt Be Perfect", © Discovery House Uitgewers.

Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting