Van Dawid. Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here, tree op teen my vyande, gryp die skilde en kom help my. Vat die spies en keer my vervolgers. Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!” Laat hulle wat my lewe soek, die slegste daarvan afkom en beskaamd staan. Laat hulle wat my ondergang soek, op die vlug slaan, teleurgestel in hulle verwagting. Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind. Maak hulle pad donker en glibberig en laat die Engel van die Here hulle agtervolg, want hulle het nie rede gehad om vir my 'n strik te stel en vir my 'n gat te grawe nie. Laat hulle einde skielik kom! Laat hulle in hulle eie strik beland! Laat hulle self in die gat val wat hulle gegrawe het! Maar ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor die redding wat Hy bring. My hele wese sê: “Here, wie is soos U wat die swakke bevry van dié wat sterker is, die swakke en die arme van dié wat hom beroof?” Dit is kwaadwillige getuies wat teen my optree. Hulle beskuldig my van dinge waarvan ek niks weet nie. Hulle vergeld my kwaad vir goed, hulle gebruik elke geleentheid om my by te kom. En tog, toe húlle siek was, het ek getreur soos oor 'n sterfgeval: rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie. Ek het sonder ophou vir hulle gebid soos vir 'n vriend of 'n broer. Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur, krom en in die rou. Maar nou dat ek in die moeilikheid is, is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my. Sonder dat ek weet waaroor, skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaar en hulle kry nie end nie. Nou dat ek struikel, lag hulle daaroor; nou kom dreig hulle my.
Lees PSALMS 35
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 35:1-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's