Kla dié aan wat my aankla, HERE. Val húlle aan wat vir my aanval. Vat kleinskild en grootskild. Maak gereed en kom tot my redding. Neem u spies en werpspies op teen hulle wat my agtervolg. Laat ek hoor dat U sê: “Ek is jou redding!” Verneder hulle wat my lewe soek, en maak hulle tot skande. Laat hulle wat kwaad teen my beplan, in verwarring omdraai. Laat hulle wees soos kaf voor die wind wat die engel van die HERE wegblaas. Maak hulle pad donker en glibberig terwyl die engel van die HERE hulle agtervolg. Al het ek hulle geen kwaad aangedoen nie, het hulle vir my ’n strik gestel. Al het ek hulle nie benadeel nie, het hulle vir my ’n gat gegrawe. Daarom, laat sy verderf skielik kom: Laat hy in sy eie strik gevang word. Laat hy val in die gat wat hy gegrawe het. Dan sal ek juig in die HERE, ek sal my verheug oor sy redding. My hele wese sal uitroep: “HERE, wie is soos U wat die hulpelose red uit die mag van die sterke, en die armes en behoeftiges van dié wat roof?” Kwaadwillige getuies staan teen my op. Hulle vra vir my dinge waarvan ek niks weet nie. Die goeie wat ek doen, vergoed hulle met boosheid terwyl ek siek is van wanhoop. Maar toe hulle siek was, het ek van droefheid rouklere gedra. Ek het myself verneder deur te vas, maar my gebede het teruggekom sonder ’n antwoord. Soos ’n vriend of ’n broer het ek opgetree, soos een wat treur oor sy moeder, geboë en in rou. Maar nou is hulle bly wanneer ek struikel. Hulle kom bymekaar, en lasteraars span saam teen my. Dié wat ek nie eers ken nie, trek my uitmekaar sonder ophou. Toe ek gestruikel het, het hulle my gespot, teen my hulle tande gekners.
Lees PSALMS 35
Luister na PSALMS 35
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 35:1-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's