PSALMS 35:1-16
PSALMS 35:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here, tree op teen my vyande, gryp die skilde en kom help my. Vat die spies en keer my vervolgers. Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!” Laat hulle wat my lewe soek, die slegste daarvan afkom en beskaamd staan. Laat hulle wat my ondergang soek, op die vlug slaan, teleurgestel in hulle verwagting. Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind. Maak hulle pad donker en glibberig en laat die Engel van die Here hulle agtervolg, want hulle het nie rede gehad om vir my 'n strik te stel en vir my 'n gat te grawe nie. Laat hulle einde skielik kom! Laat hulle in hulle eie strik beland! Laat hulle self in die gat val wat hulle gegrawe het! Maar ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor die redding wat Hy bring. My hele wese sê: “Here, wie is soos U wat die swakke bevry van dié wat sterker is, die swakke en die arme van dié wat hom beroof?” Dit is kwaadwillige getuies wat teen my optree. Hulle beskuldig my van dinge waarvan ek niks weet nie. Hulle vergeld my kwaad vir goed, hulle gebruik elke geleentheid om my by te kom. En tog, toe húlle siek was, het ek getreur soos oor 'n sterfgeval: rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie. Ek het sonder ophou vir hulle gebid soos vir 'n vriend of 'n broer. Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur, krom en in die rou. Maar nou dat ek in die moeilikheid is, is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my. Sonder dat ek weet waaroor, skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaar en hulle kry nie end nie. Nou dat ek struikel, lag hulle daaroor; nou kom dreig hulle my.
PSALMS 35:1-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Voer 'n regstryd, HERE, teen dié wat my aankla, veg teen dié wat met my veg. Neem 'n klein- en 'n grootskild, en staan op om my te help. Trek die spies en lans uit, om my vervolgers tegemoet te gaan. Sê vir my: “Ek is jou verlossing!” Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd en verneder staan, laat hulle wat kwaad teen my beplan, terugdeins en verleë staan. Laat hulle soos kaf voor die wind wees, terwyl die •Engel van die HERE hulle wegvee. Laat hulle pad donker en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle agtervolg. Hulle het immers sonder rede in die geheim vir my hulle vangnet gespan, sonder rede vir my 'n vanggat gegrawe. Laat teenspoed oor hulle kom sonder dat hulle dit weet, en die net wat hulle gespan het – laat dit hulle vang. Deur teenspoed moet hulle daarin val. Ek sal dan juig in die HERE, ek sal jubel oor sy verlossing. My hele wese sal sê: “HERE, wie is soos U, wat die magtelose red van dié wat sterker as hy is, ja, die magtelose en behoeftige van dié wat hom beroof?” Gewelddadige getuies staan op, oor iets waarvan ek niks weet nie, ondervra hulle my. Hulle vergeld my met kwaad vir goed; ek is stoksielalleen. Maar ek het, toe hulle siek was, rouklere aangetrek; ek het myself gefolter deur te vas. Toe my gebed na my teruggekeer het, was ek rusteloos asof dit 'n vriend, my •broer, was. Soos iemand wat oor 'n moeder treur, was ek geboë en in rouklere. Maar toe ek struikel, was hulle verheug en het saamgedrom; aanvallers het teen my saamgedrom sonder dat ek dit besef, hulle het my sonder ophou uitmekaargeskeur. Hulle toets my, hulle spot my met minagting, hulle kners op hulle tande vir my.
PSALMS 35:1-16 Die Boodskap (DB)
Here, baklei vir my teen hulle wat met my baklei. Veg teen hulle wat teen my veg. Kom help my teen mense wat my aanval. Keer daardie mense wat agter my aanloop om my tot ’n val te bring. Gee my weer nuwe moed! Sê hard en duidelik vir my: “Ek sal jou red.” Keer daardie spul wat my wil doodmaak. Loop bo-oor hulle. Gee dat al die rampe wat vir my beplan is, hulle tref. Laat hulle skaam kry oor wat hulle aanvang. Laat die mense wat wil hê ek moet val, terugsteier. Laat hulle rooi word van skaamte. U is so sterk, u engel kan hulle van die aarde afvee. Hulle sal soos kaf in die wind verdwyn wanneer U die dag ingryp. Daar moet vir hulle geen toekoms wees nie. Agtervolg hulle deur u engele. Slegte mense wil my sonder rede tot ’n val bring. Ek het niks aan hulle gedoen nie, maar hulle wil my vernietig. Laat ’n ramp hulle skielik tref sonder dat hulle mooi weet wat aan die gang is. Laat die rampe wat hulle vir ander mense beplan, oor hulle kom. Laat hulle self in die gat val wat hulle vir my gegrawe het. Ek is baie bly oor wat die Here doen. Ek sal opgewonde jubel omdat Hy my lewe red. Alles in my sal uitroep: “Daar is niemand soos die Here nie! Dis net U wat mense wat swak is in hulle nood red. U bevry hulle van mense wat baie sterker is as hulle. U help swak mense uit die kloue van ’n klomp diewe.” Die mense wat my wil seermaak, staan reg om leuens oor my te vertel. Hulle praat kwaad teen my. Hulle beskuldig my van ’n klomp goed waarvan ek niks weet nie. As ek vir hulle goed is, betaal hulle my terug met slegte dinge. Hulle wil my om elke hoek en draai bykom. Toe hulle siek was, was ek hartseer oor hulle lyding. Ek kon selfs nie eet nie. Ek het gevas. Die hele tyd het ek sonder ophou vir hulle gebid. Ek het hulle behandel soos my beste vriend, soos my broer. Ek het oor hulle gehuil soos ’n mens oor jou ma treur wanneer sy doodgaan. Ek was krom van hartseer. Noudat probleme my skielik onderkry, is daardie selfde klomp baie bly. Hulle span saam teen my. Almal van hulle het lekker oor my geskinder. Hulle het my verskriklik beledig. Hulle kry nie end nie. Toe ek struikel, het hulle daaroor gelag. Hulle gee niks vir my om nie. Hulle dreig my.
PSALMS 35:1-16 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Here, U moet sê die mense wat my beskuldig, is self skuldig, U moet oorlog maak teen die mense wat oorlog maak teen my. U moet die groot skild en die klein skild gryp en U moet my kom help. U moet die spies vat en die mense keer wat my jaag en my wil vang, U moet vir my sê dat U my sal red. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf, moenie wen nie, hulle moet verloor. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf, moet ophou om my aan te val, hulle moenie weet wat om te doen nie. Hulle moet wees soos kaf wat in die wind wegwaai wanneer die Engel van die Here hulle wegjaag. Hulle paaie moet donker en glad wees, en die Engel van die Here moet hulle jaag. Ek het niks gedoen nie, maar hulle grawe vir my 'n gat om in te val, ek het niks gedoen nie, maar hulle wil my doodmaak. U moet dit sleg laat gaan met hulle, en dit moet gebeur voordat hulle besef dat dit gebeur het. Die vangnet wat hulle styfgetrek het, moet hulleself vang, hulle moet in die vangnet val en sterf. Maar ek? Ek sal juig oor wat die Here gedoen het, ek sal vrolik wees omdat Hy my gered het. Ek sal met my hele hart sê: Here, daar is niemand soos U nie, U wat die mens red wat homself nie kan red nie, die mens wat niks het nie, U wat hom red van die mense wat sterker is as hy en wat hom verdruk. Die mense wat my beskuldig, is my vyande, hulle sê ek het dinge gedoen, maar ek weet niks daarvan nie. Ek het goed gedoen aan hulle, maar hulle wil dit sleg laat gaan met my, en ek het niemand wat my kan help nie. Maar ek? Ek het rouklere aangetrek en sonder kos gebly toe hulle siek was. Ek het my kop gebuig en gebid soos ek vir 'n broer of 'n vriend bid. Ek het krom geloop en getreur, ek het gerou soos ek vir my eie ma sal rou. Maar toe dit sleg gaan met my, was hulle bly. Hulle het om my kom staan en hulle het my gespot. Mense wat ek nie ken nie, het aangehou om lelike dinge vir my te sê. Dit is vir die mense wat nie die Here dien nie, lekker om vir my te lag, hulle wil hê dat ek moet sterf.
PSALMS 35:1-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil! Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot. Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg! Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe. Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting! Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil. Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower! Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my. Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel. En ek — toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou. Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
PSALMS 35:1-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pleit my saak, HERE, met die wat met my twis, veg teen die wat teen my veg. Gryp die skild en die swaard, en staan op vir my hulp. Trek ook die spies uit en stop die weg teen die wat my vervolg; sê vir my siel: Ek is jou heil. Laat hulle wat my siel soek, beskaamd staan en beskaamd staan; Laat hulle word soos kaf voor die wind, en laat die Engel van die HERE hulle agtervolg. Laat hulle weg donker en glad wees, en laat die Engel van die HERE hulle vervolg. Want sonder oorsaak het hulle vir my hul net in 'n kuil weggesteek wat hulle sonder oorsaak vir my siel gegrawe het. Laat verderf hom onverhoeds oorval; en laat sy net wat hy weggesteek het, homself vang; laat hom in daardie selfde verwoesting val. En my siel sal juig in die HERE; dit sal juig oor sy verlossing. Al my gebeente sal sê: HERE, wie is soos U, wat die arme red van hom wat vir hom te sterk is, ja, die arme en behoeftige van hom wat hom plunder? Valse getuies het opgestaan; hulle het my dinge opgelê wat ek nie geweet het nie. Hulle het my kwaad vir goed vergeld tot die verwoesting van my siel. Maar wat my betref, toe hulle siek was, was my kleed rou; ek het my siel verneder deur te vas; en my gebed het in my eie boesem teruggekeer. Ek het my gedra asof hy my vriend of broer was: ek het swaar gebuig soos iemand wat oor sy moeder treur. Maar in my teëspoed was hulle bly en het bymekaargekom; hulle het my verskeur en nie opgehou nie. Met skynheilige spotters op feeste het hulle op my tande gekners.
PSALMS 35:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kla dié aan wat my aankla, HERE. Val húlle aan wat vir my aanval. Vat kleinskild en grootskild. Maak gereed en kom tot my redding. Neem u spies en werpspies op teen hulle wat my agtervolg. Laat ek hoor dat U sê: “Ek is jou redding!” Verneder hulle wat my lewe soek, en maak hulle tot skande. Laat hulle wat kwaad teen my beplan, in verwarring omdraai. Laat hulle wees soos kaf voor die wind wat die engel van die HERE wegblaas. Maak hulle pad donker en glibberig terwyl die engel van die HERE hulle agtervolg. Al het ek hulle geen kwaad aangedoen nie, het hulle vir my ’n strik gestel. Al het ek hulle nie benadeel nie, het hulle vir my ’n gat gegrawe. Daarom, laat sy verderf skielik kom: Laat hy in sy eie strik gevang word. Laat hy val in die gat wat hy gegrawe het. Dan sal ek juig in die HERE, ek sal my verheug oor sy redding. My hele wese sal uitroep: “HERE, wie is soos U wat die hulpelose red uit die mag van die sterke, en die armes en behoeftiges van dié wat roof?” Kwaadwillige getuies staan teen my op. Hulle vra vir my dinge waarvan ek niks weet nie. Die goeie wat ek doen, vergoed hulle met boosheid terwyl ek siek is van wanhoop. Maar toe hulle siek was, het ek van droefheid rouklere gedra. Ek het myself verneder deur te vas, maar my gebede het teruggekom sonder ’n antwoord. Soos ’n vriend of ’n broer het ek opgetree, soos een wat treur oor sy moeder, geboë en in rou. Maar nou is hulle bly wanneer ek struikel. Hulle kom bymekaar, en lasteraars span saam teen my. Dié wat ek nie eers ken nie, trek my uitmekaar sonder ophou. Toe ek gestruikel het, het hulle my gespot, teen my hulle tande gekners.