'N PSALM van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil! Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot. Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg! Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe. Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting! Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil. Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower! Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my. Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel. En ek — toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou. Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
Lees PSALMS 35
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 35:1-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's