HAGGAI 2:20-23

HAGGAI 2:20-23 AFR83

Op die vier en twintigste van die negende maand het die woord van die Here nog 'n keer tot Haggai gekom: Sê vir Serubbabel die goewerneur van Juda: Ek gaan die hemel en die aarde laat bewe. Ek gaan die trone van konings omgooi en die mag van die koninkryke van die nasies vernietig. Ek gaan strydwaens met bemanning en al omgooi. Perde met hulle ruiters sal omkom, die een sal die ander met die swaard doodmaak. Daardie dag sal Ek jou vat, sê die Here die Almagtige, en jou, my dienaar Serubbabel seun van Sealtiël, 'n seëlring maak, want Ek het jou uitgekies, sê die Here die Almagtige.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HAGGAI 2:20-23

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid