HAGGAI 2:20-23

HAGGAI 2:20-23 NLV

Die HERE het op 18 Desember ’n tweede boodskap vir Haggai gegee: “Sê vir Serubbabel, die goewerneur van Juda, dat Ek op die punt staan om die hemel en die aarde te skud. Ek gaan konings se ryke omverwerp. Ek gaan die mag van koninkryke vernietig. Ek gaan strydwaens en hulle bemanning omdop. Die perde sal neerslaan en die ruiters sal mekaar doodmaak. “Die dag wanneer dit gebeur, sê die HERE, die Almagtige, sal Ek jou vereer, Serubbabel, seun van Sealtiël, my dienskneg. Ek sal jou beskou soos ’n seëlring aan my vinger, sê die HERE. Ek sal dit doen omdat Ek jou gekies het. Ek, die HERE, die Almagtige, sê dit!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor HAGGAI 2:20-23

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid