Haggai 2:20-23

Haggai 2:20-23 AFR20

Dit is die tweede woord van die HERE tot Haggai op die vier-en-twintigste dag van die maand: “Sê vir Serubbabel, die streekgoewerneur van Juda, ‘Ek gaan die hemel en die aarde laat bewe. Ek gaan die koninklike trone omverwerp en die nasies se magtige koninkryke verwoes. Ek gaan die strydwaens met hulle drywers omkeer; die perde sal neerval en die ruiters sal mekaar met die swaard ombring. “ ‘Op daardie dag,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte, ‘sal Ek jou, my dienaar, Serubbabel, seun van Sealtiël, neem,’ is die uitspraak van die HERE, ‘en Ek sal jou soos 'n seëlring maak omdat Ek jou uitverkies het.’ Dit is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Haggai 2:20-23