Haggai 2:20-23

Haggai 2:20-23 DB

Op die agtiende Desember het die Here nog ’n boodskap vir Haggai gegee. Hy moes vir Serubbabel sê dat die Here die hemel en die aarde deur ’n aardbewing gaan skud. Verder gaan Hy ook koninkryke laat ondergaan en hulle mag van hulle af wegneem. Niks sal van volke se wapentuig en soldate oorbly nie en hulle perderuiters sal mekaar afmaai. Die Here sê wanneer al hierdie dinge gaan gebeur, gaan Hy Serubbabel gebruik. Hy het hom uitgekies om ’n leier te wees en daarom gee Hy aan hom gesag soos wat ’n koning het, want die Here wie se mag sonder perke is, het gesê dit is wat Hy gaan doen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Haggai 2:20-23