Jesaja 16:4-5

Jesaja 16:4-5 DB

Laat die vlugtelinge uit Moab tog by julle bly totdat die gevaar verby is. Beskerm ons teen ons vyande wat ons wil vernietig.” As die krisis verby is en die verwoesting ophou en die invalsmagte uit die land uit is, sal die Here, omdat Hy getrou bly aan sy beloftes, ’n goeie regeerder in Jerusalem aan bewind laat kom. Hierdie koning uit Dawid se nageslag sal betroubaar wees en hy sal hom beywer vir wat reg is.