Die Here sê toe vir Moses: “Let op, Ek gaan jou soos ’n god vir die farao maak. Jou broer Aäron sal soos iemand maak wat God se boodskap vir mense bring. Hy sal jou woorde vir die farao gaan oordra. Alles wat Ek jou beveel het, moet jy vir jou broer Aäron sê. Hy kan dit weer vir die farao sê sodat hy die Israeliete uit sy land kan wegstuur. Maar Ek gaan die farao hardkoppig maak. Ek sal dan baie goeie rede hê om tekens en wonders in Egipte te doen. Selfs dan nog sal die farao aanhou weier om na julle te luister. Ek sal dan reg wees wanneer Ek op Egipte afstorm en groot rampe oor hulle bring. In dieselfde tyd sal Ek al die families van Israel uit Egipte wegvat. Wanneer Ek Egipte gryp en die Israeliete onder hulle laat wegtrek, sal Egipte agterkom wie Ek, die Here, werklik is.” Moses en Aäron het presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Die tyd toe hulle met die farao gaan praat het, was Moses alreeds 80 jaar oud en Aäron 83. Die Here sê toe vir Moses en Aäron: “Wanneer die farao vra dat julle iets moet doen wat vir hom kan bewys dat julle van God af kom, moet jy vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit voor die farao op die grond neer te gooi. Dit sal dan in ’n slang verander.” Moses en Aäron het toe by die farao aangekom en presies net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi. Dit het in ’n slang verander. Die farao laat toe sy towenaars kom. Hulle doen toe presies dieselfde ding. Soos hulle elkeen sy kierie op die grond neergooi, verander dit in ’n slang. Aäron se kierie het egter hulle slange ingesluk. Die farao het nogtans hardkoppig gebly, soos die Here gesê het dit sou gebeur. Hy het geweier om na Moses-hulle te luister.
Lees Eksodus 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 7:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's