HAGGAI 2:20-23

HAGGAI 2:20-23 AFR53

Vir die tweede maal het die woord van die HERE tot Haggai gekom op die vier-en-twintigste van die maand en gesê: Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê: Ek sal die hemel en die aarde laat bewe. En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander. In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HAGGAI 2:20-23