Deuteronomium 31:6-8

Deuteronomium 31:6-8 ABA

Julle moet sterk en dapper wees, julle moenie bang wees nie, julle moenie skrik vir hulle nie, want julle God die Here gaan self saam met julle, Hy sal julle help en Hy sal julle nie alleen los nie.” Moses het vir Josua geroep en hy het voor al die Israeliete vir Josua gesê: “Jy moet sterk en dapper wees, want dit is jý wat saam met hierdie volk moet gaan na die land wat die Here belowe het om vir hulle voorvaders te gee, jý moet vir hulle die land gee, dit sal hulle land wees. Dit is die Here self wat voor jou gaan, Hy self sal by jou wees, Hy sal jou help en Hy sal jou nie alleen los nie. Jy moenie bang wees nie, jy moenie skrik nie.”