Deuteronomium 31:6-8

Deuteronomium 31:6-8 AFR20

Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die HERE jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.” Toe roep Moses vir Josua nader en sê vir hom ten aanhore van die hele Israel: “Wees dapper en sterk, want dit is jy wat saam met hierdie volk na die land moet gaan wat die HERE aan hulle voorvaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee. Jy sal hulle dit laat erf. Die HERE is die Een wat voor jou uitgaan; Hy is by jou, Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Moenie bang wees nie en moet jou nie laat afskrik nie.”