DEUTERONOMIUM 31:6-8
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie. Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jý sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee; en jý sal hulle dit laat erwe. En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet sterk en dapper wees, julle moenie bang wees nie, julle moenie skrik vir hulle nie, want julle God die Here gaan self saam met julle, Hy sal julle help en Hy sal julle nie alleen los nie.” Moses het vir Josua geroep en hy het voor al die Israeliete vir Josua gesê: “Jy moet sterk en dapper wees, want dit is jý wat saam met hierdie volk moet gaan na die land wat die Here belowe het om vir hulle voorvaders te gee, jý moet vir hulle die land gee, dit sal hulle land wees. Dit is die Here self wat voor jou gaan, Hy self sal by jou wees, Hy sal jou help en Hy sal jou nie alleen los nie. Jy moenie bang wees nie, jy moenie skrik nie.”
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die HERE jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.” Toe roep Moses vir Josua nader en sê vir hom ten aanhore van die hele Israel: “Wees dapper en sterk, want dit is jy wat saam met hierdie volk na die land moet gaan wat die HERE aan hulle voorvaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee. Jy sal hulle dit laat erf. Die HERE is die Een wat voor jou uitgaan; Hy is by jou, Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Moenie bang wees nie en moet jou nie laat afskrik nie.”
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees sterk en vol moed, bevrees nie en wees nie vir hulle bevrees nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Toe roep Moses Josua en sê vir hom voor die oë van die hele Israel: Wees sterk en vol moed, want jy moet saam met hierdie volk gaan na die land wat die HERE aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy moet hulle dit laat beërwe. En dit is die HERE wat voor jou uit gaan; Hy sal by jou wees, Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie; vrees nie en wees nie verskrik nie.
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Die Boodskap (DB)
“Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!” Toe het Moses vir Josua geroep. Hy het toe kliphard vir hom gesê: “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Jy moet hierdie volk die land inlei wat die Here belowe het om vir hulle te gee. Hy het dit reeds vir hulle oupagrootjies belowe. Jy moet hierdie volk lei sodat hulle die nasies in hierdie land kan verslaan. Jy moet hierdie land vir Israel gaan gee. Moenie bang wees nie! En bly altyd vol moed! Die Here gaan saam met jou. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Jy is nooit alleen nie. Die Here is by jou!”
DEUTERONOMIUM 31:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die HERE julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.” Toe het Moses vir Josua geroep. In die teenwoordigheid van die hele Israel het hy vir Josua gesê: “Wees sterk en hou moed! Jy sal hierdie volk die land inlei, die land wat die HERE aan hulle voorouers beloof het. Jy sal die land as hulle erfdeel aan hulle gee. Moenie bang of mismoedig wees nie, want die HERE is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.”