Ek Kán My Wêreld Verander Deur My StorieSample
Daar is ‘n ou Afrika verhaaltjie wat meen dat jy jy was nog voor jou geboorte. Jy het jy begin word nog voor jy in jou ma se maag gegroei het. Jy het jy begin word nog voor die idee van jou in jou mamma se hart gekom het. En jy wat jy is het ‘n liedjie wat jou liedjie is gekry. Net jy kan hom sing. En daardie liedjie sal jou nooit verlaat nie. Jy is gemaak om hom te sing. Selfs as jy vir ‘n kort rukkie vergeet hoe die wysie nou weer gaan, sal jy nie die liedjie vergeet nie. Daardie liedjie vertel jou presies hoekom jy gebore is. Hoekom jy hier is. Dit sê presies wie jy is en wat jy moet doen. Daardie liedjie is jou roeping. Haal diep asem. Luister na jou hart. Kan jy jou liedjie hoor?
Die Goeie Nuus dat God 'n persoonlike roeping vir elkeen van ons het. Elkeen van ons word geroep om iets moois vir God te doen voordat ons sterf. Elkeen van ons is geroep om 'n unieke rol te speel in die verhaal wat God in hierdie heelal skryf. Elkeen van ons is geroep om 'n unieke getuie te wees van God se liefde, genade, deernis in hierdie wêreld.
Een van die grootste tragedies van die lewe is om deur ons lewens te gaan sonder om eers in ag te neem wat ons persoonlike roeping is. Ek weet nie hoeveel mense al vir my gesê het sendelinge en dominees word geroep ,maar ek is net ‘n doodgewone mens wat net doodgewoon deur die lewe gaan soos ek kan. Dit is nie die Goeie Nuus nie. Goeie nuus is dat elkeen van ons 'n roeping het.
Jy is geroep om te leef en volledig jy te word in hierdie lewe, want dan kan jy die grootste en die beste bydrae in hierdie lewe maak, as jy volkome jy kan wees, want baie ander kan doen wat ander mense doen, maar niemand kan doen presies dit wat jy kan doen in hierdie lewe nie. Dit is wanneer jy agterkom waarvoor is ek hier, wie is ek eintlik. Jy is aanmekaargesit om te dien, om ‘n bydrae te maak op ‘n unieke manier wat net jy kan, en as jy dit nie doen nie is hierdie wêreld ‘n armer plek as jy doodgaan.
Dink na hieroor: Wat is die unieke rol wat ek in God se wêreld kan speel?
Gebed: Ek vra vir die genade om soos Jesus te leef.
Scripture
About this Plan
“As een persoon kan ek nie die wêreld verander nie, maar ek kan die wêreld van een persoon verander.” (Paul Shane Spear) Wat kan ons saam doen om die wêreld ‘n beter plek te maak?
More