Ek Kán My Wêreld Verander Deur My StorieSample

Meegevoel is liefde se reaksie op lyding
As jy bewus word van iemand of iets in moeilike omstandighede en jy in jou binneste ‘n omgee beleef, ‘n begeerte om dit te verander, is dit innige meegevoel.
In hierdie week gaan ons personeel op ‘n pelgrimstog. ‘n Pelgrimstog is om buite jou gemaksone te gaan na plekke waar jy nie gewoonlik sal gaan nie, met die verwagting dat God na jou toe sal kom. Elke jaar besoek ons ‘n paar plekke – Forest Farm vir seribraalgestremdes, ons babahuis, ouetehuise, hospitale, die armes in Hillbrow. Ons skuur skouers met mense en omstandighede wat ons nie gewoonlik in die normale ritme van die lewe sal teëkom nie. Elke jaar is dit opvallend wat die impak van hierdie plekke in ons wêreld op ons almal het. Die meeste van ons kom bymekaar en deel wat ons gesien het, wat ons ontstel of beweeg het, en hoe ons dan daarop wil reageer. Sommige wil iets doen, ander wil iets gee, ander wil die realiteite oplos. Ons sit met die frustrasie. Die spanning. Die seer. Die ongeregtigheid.
Die moeilikste deel van die dag vir my is om in kontak te kom met wat ek voel – wat my beweeg. Baie van ons is afgesny van ons innerlike wêreld. Baie van ons wil glad nie voel nie. Ons wil nie na die ongemak gaan nie want dis nie vir ons lekker nie. Ek wil lekker voel. As dit my nie lekker laat voel nie, werk dit nie vir my nie. C.S Lewis het gesê: "As jy wil lekker voel, beveel ek nie Christenskap aan nie."
God is ‘n God wat VOEL. Sy hart breek. Hy huil. Hy kry innig jammer. Ons kan saam met Hom reageer op hierdie bewegings van sy hart.
Ek het ‘n vermoede dat ons nie altyd kan reageer of optree wanneer ons beweeg word nie. Ons dink – ek het al probeer en dit het nie uitgewerk nie. Of: ek het soveel probleme van my eie. Ek het nie tyd nie. Ek het nie die kapasiteit om nog vir ander iets te voel en iets te doen nie. Ek swem om net nie self te sink nie.
Hoe nou gemaak? Jesus maak dit vir ons baie prakties en sê daardie eerste tree is om te leef met hierdie woorde in Matteus 7:12: “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen." Jesus sê daar is ‘n manier. Dis nie ‘n dogma nie. Dis nie iets wat jy hoef te glo nie, dis iets wat jy moet doen.
Hy genees. Hy gee kos. Hy bevry. Hy luister. Hy staan by. Hy seën. Dit was sy lewe. Kan ons Hom daarin volg? Hy het vir jou gawes gegee. Hy het jou gemaak om iets te wees. Hy wil hê jy moet voel. Hy wil hê jy moet iets saam met ander doen. Hy het jou op ‘n baie unieke plek geplaas om te kan gee vanuit waar jy is en wat jy het.
Oordink dit: Deur die loop van my dag ruim ek tyd in vir geleenthede om innige meegevoel te betoon.
Gebed: Ek vra vir genade om soos Jesus te leef.
Scripture
About this Plan

“As een persoon kan ek nie die wêreld verander nie, maar ek kan die wêreld van een persoon verander.” (Paul Shane Spear) Wat kan ons saam doen om die wêreld ‘n beter plek te maak?
More
Related Plans

Healing Family Relationships Through Compassion

Finding Our Worth in the Real Thing

Horizon Church July Bible Reading Plan: Minor Prophets, Major Truths - Joel, Amos, Obadiah, Jonah, Micah & Nahum

Lead With Purpose: Kingdom Principles for Entrepreneurs

Find & Follow Jesus, Quarter 3

Healing Family Relationships Through Acceptance
Luke Book Study - TheStory

Israel: God's Holy Land

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-July)
