Ek Kán My Wêreld Verander Deur My StorieSample
Hoe wandel ek met waardigheid in die roeping waarmee ek geroep is? Een manier is om toegerus te word vir jou lewenstaak. Ons word toegerus deur hierdie roeping saam te doen. Hierdie roeping, alhoewel dit deur die Gees in jou binneste gewerk word, sal losgemaak word deur die liggaam van Christus, deur die kerk, deur iemand wat met jou gaan praat en vir jou gaan sê: "Kennis is nie genoeg nie." Ons word toegerus wanneer ons saam met hulle, wat al verder op die pad is, begin leef. In die liggaam – wanneer ons dinge in die liggaam van Christus begin saam doen, word ons roeping bevestig deur die gemeenskap van die gelowiges. Dit gebeur nie in afsondering nie – dit gebeur wanneer ons saam daaraan werk.
Hier is ‘n paar redes waarom ek dink dit belangrik is om dit saam in die liggaam te doen.
- Die eerste ding is aanspreeklikheid want ons almal het ons laagtepunte en ons blinde kolle. Dis beter om met aanspreeklikheid te lewe. Dit maak dit natuurlik moeiliker, maar dit maak dit gesonder.
- ‘n Ander rede is dat jy eendimensioneel is. Dis wat Paulus sê. Jy het net sekere gawes. Wat van die ander gawes? Daarom moet jy nie sê, nou bou jy hierdie hele bediening rondom hierdie een dominante gawe nie. Hy sê jy gaan jou in so 'n geval uiteindelik teen probleme vasloop. As jy net ‘n hamer het, gaan jy alles soos ‘n spyker hanteer, en alles is nie spykers wat ingekap moet word nie! Jy gaan uiteindelik bietjie droogmaak ook.
- Nog ‘n rede is volhoubaarheid. Deur verhoudings of deur terugslae, of wat ook al met jou gebeur, kan jou bediening skielik tot ‘n einde kom, maar as jy hande vat en die liggaam werk saam, dan is daar ‘n volhoubaarheid, dan kan hierdie ding aanhou leef as jy nie meer daar is nie.
- Die laaste rede is die diepte. In baie gemeentes is daar iemand wat ‘n klomp goed kan doen. Is daar nie iets wat moet gebeur wanneer die bediening diepte kry nie? Ek kan berading kry deur ‘n berader wat die gawe van berading het. Is dit nie 'n beter opsie nie? Daar is leierskap deur leiers, daar is lering deur leraars, daar is kinderkerk deur onderwysers, daar is musiek deur musikante. Dis almal gawes.
Ek wonder wat die potensiaal is wat in ons kerke opgesluit is? Ons moet regtig die Here hoor en ons ego laat gaan en hande vat en probeer. Ons moet deur die moeilikhede werk om te sien wat gedoen kan word vir die Here.
Oordink dit: Deur watter verhoudings wil die Here my toerus vir my roeping?
Gebed: Ek vra vir genade om soos Jesus te leef.
Scripture
About this Plan
“As een persoon kan ek nie die wêreld verander nie, maar ek kan die wêreld van een persoon verander.” (Paul Shane Spear) Wat kan ons saam doen om die wêreld ‘n beter plek te maak?
More