YouVersion Logo
Search Icon

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 20 OF 43

Wees 'n Rentmeester Vir Die Evangelie

Lees:1 Petrus 4:1-6

SOAP: 1 Petrus 4:5-6

Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel. Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan dié wat nou dood is sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te sterwe, hulle na die gees sou lewe soos God lewe.

Oordenking

Daar is ‘n onomwonde realiteit wat ons, dikwels gerieflik, diep in ons agterkoppe bêre: eendag gaan ons almal voor die troon van God staan. Dit gaan die belangrikste oomblik van ons bestaan wees — ‘n goddelike afspraak waar alle mense geoordeel sal word. Vir gelowiges sal dit ‘n tyd wees wanneer daar nie deur ons sonde na ons gekyk sal word nie, maar deur Christus se versoeningsoffer en die geloof en vergifnis wat ons in Hom gekry het (Romeine 8:1). Ons gaan ook die belonings ontvang vir ‘n lewe wat in Christus geleef is (2 Korintiërs 5:10; Openbaring 22:12). Vir ongelowiges is dit ‘n ontnugterende realiteit om straf in die gesig te staar omdat hulle die vrye gawe van verlossing in Jesus verwerp het.

Stel jou voor jy staan daar in die teenwoordigheid van God, en gee rekenskap van elke woord, elke daad, en elke gedagte van ons lewe. Petrus se woorde is nie bedoel om ons lam te lê met vrees nie, maar om ‘n heilige dringendheid in ons aan te vuur. Hy spoor ons aan om ons lewens met ‘n hemelse uitkyk te benader, met die wete dat ons tyd hier maar net ‘n asemteug in die lig van die ewigheid is. Ons moet elke sekonde van hierdie lewe bestuur soos ‘n kosbare geskenk deur doelbewus so te lewe dat God verheerlik word.

Hoe bring ons dan ons dae deur? Belê ons in dit wat ewig is — om ander lief te hê, ons verhouding met Jesus te verdiep, en die Evangelie te deel — of word ons aandag afgelei deur hierdie wêreld se kortstondige gemak en aspirasies?

Petrus benadruk waarom die evangelie verkondig word. Dit staan soos ‘n baken van hoop, en bied die belofte van die ewige lewe — ‘n lewe saam met God en onaangetas deur siekte, pyn of sonde (Johannes 17:3; Openbaring 21:4). Hierdie boodskap is die skat wat ons in ons harte bewaar en presies die boodskap wat die wêreld so broodnodig nodig.

Liewe medegelowiges, Jesus kom weer, maar sy wederkoms gaan baie anders wees as sy eerste koms. Hy gaan nie as ‘n hulpelose baba kom nie; Hy gaan kom as ‘n regverdige Regter. In die lig van hierdie naderende werklkheid, is dit nou die tyd vir ons om die evangelie wyd en syd te verkondig, met die kosbare tyd wat ons nog het.

Gebed

Liewe Here Jesus, dankie vir die lewe wat U my gegee het. Help my om voortdurend in bewustheid van die ewigheid te leef. Gee my die krag en genade om ‘n lewe te lei wat U behaag. Berei my hart voor vir die dag wanneer ek voor U sal staan en rekenskap van my lewe moet gee. Laat my lewe ‘n offer van liefde en dankbaarheid aan U wees. Amen.

Scripture

Day 19Day 21

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy