YouVersion Logo
Search Icon

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 19 OF 43

Gereed Om Te Praat

Lees: 1 Petrus 3:15-22

SOAP: 1 Petrus 3:15-16

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.

Oordenking

‘n Paar jaar gelede het ysige winterweer die waterpype in my pas gerestoureerde huis laat bars en groot skade aangerig. Ek het net vier maande tevore teruggetrek na ‘n jaarlange opknappingsproses — my droomprojek waarvoor ek twaalf jaar gewag het. Daar was nog bokse wat uitgepak moes word toe die storm toeslaan. In daardie tyd het ek met ‘n vrou gepraat wat my na ‘n huurhuis help soek het. Sy was verbaas dat ek so kalm kon bly te midde van die skade. Dié krisis het vir my die kans gebied om met haar te praat oor die bron van my vrede: my identiteit en kosbare besittings hang nie van my huis af nie, maar word veilig in my verhouding met Jesus bewaar. Hy is my tuiste en my vrede. Aangesien ek vroeër besluit het om heilige eerbied vir Christus in my hart te hê, het die water, toe die storm kom, nie aan my hart skade aangerig soos aan my huis nie.

Soos daardie insident, verras die lewe ons dikwels met onverwagte geleenthede om ons standvastige hoop in Christus te toon. Petrus moedig ons aan om voorbereid te wees vir sulke oomblikke — om gereed te wees om te praat oor die hoop wat ons siele staande hou, nie op ‘n verwaande manier nie, maar in liefde — liefde vir God en liefde vir die persoon wat probeer verstaan hoe ons vreugdevol kan bly terwyl ons soveel verloor het.

Ons word aangemoedig om sulke gesprekke met beskeidenheid en respek te benader. Dit is nie om ‘n argument te wen nie; dit gaan daaroor om ‘n uitnodiging te rig na die vrede wat ons in Christus gevind het. Dit gaan daaroor om te vertel wat Christus vir en deur ons gedoen het, en die nuwe en lewende hoop wat net in Hom te vinde is. So ‘n houding is nie ‘n strategie nie; dit is ‘n natuurlike uitvloeisel van ‘n hart wat in verwondering is oor Christus.

Wanneer ons deur die lewe gaan met Christus op die troon van ons harte, word ons reaksies op krisisse — soos ‘n huis wat verwoes is — in geleenthede verander om te getuig. Dit bring mense tot stilstand en laat hulle wonder, en daardie verwondering maak die deur vir ons oop om hulle na Jesus, ons ewige tuiste, te wys.

Gebed

Liewe Here Jesus, help my om so te leef dat mense u hoop deur my sal sien skyn. Wanneer die geleentheid hom voordoen, laat my met beskeidenhei, liefde en respek van U praat. U is my ware tuiste en troos, en ek wil hê ander moet hierdie vrede wat U vrylik gee, ervaar. Amen.

Day 18Day 20

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onontbeerlike kompas om die lewe in moeilike tye te navigeer. 1 en 2 Petrus is 'n herinnering aan God se blywende liefde, die belangrikheid van standvastige geloof en die belofte van die ewige lewe.

More