YouVersion Logo
Search Icon

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 21 OF 43

Laat Liefde Jou Lei In Alles Wat Jy Doen

Lees: 1 Petrus 4:7-11

SOAP: 1 Petrus 4:10-11

As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien. As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen.

Oordenking

As gelowiges leef ons in afwagting op Christus se wederkoms — ‘n werklikheid wat ons lewens diepgaande moet vorm. Terwyl ons wag, word ons geroep om nie ledig te wees nie maar om gemotiveerd te wees om die liggaam van Christus doelbewus lief te hê en te dien, veral in tye van beproewing en vervolging. ‘n Eensgesinde, liefdevolle Christengemeenskap skyn helder in ‘n donker wêreld, soos ‘n stad op ‘n berg (Matteus 5:14-16).

Die opdrag is duidelik: ons moet ons daarop toelê om mekaar opreg lief te hê. Liefde is nie passief nie; dit is aktief. Dis nie ‘n gevoel nie, maar ‘n keuse wat ons elke dag maak. Dit kan gesien word in die maaltye wat vir ‘n nuwe mamma voorberei word, die ernstige gebede vir ‘n vriendin wat swaarkry, en die oop deure van ons huise.

God het ons nie met leë hande in hierdie hoë roeping gelaat nie. Hy het ruimhartig vir ons elkeen unieke gawes gegee met die doel om die kerk en ander te dien en op te bou (Romeine 12:4-8). Hierdie gawes is nie vir ons eie eer nie, maar is deur God aan ons gegee en bedoel om sy mense hegter saam te bind en sy liefde aan die wêreld wat ons dophou, te reflekteer (Efesiërs 4:11-12).

Wanneer ons ‘n behoefte binne die kerk sien, moet ons harte geroer word om dit aan te spreek. Dit kan bemoediging, finansiële hulp, gebed, of ‘n oor wees wat luister — kom laat ons na daardie behoeftes omsien en nie daarvan wegstap nie. As ons dit doen, is ons getroue rentmeesters wat God se genade net so mildelik uitdeel as wat dit op ons uitgestort is.

Wanneer ons ander help en ons Godgegewe gawes inspan, kry die wêreld ‘n kykie van Jesus in ons. Ons liefde word ‘n helder baken, wat wys na die Een wat ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). Deur ons diens word God verheerlik en word sy koninkryk tasbaar deur ons hande en voete bewys.

Gebed

Liewe Jesus, dankie dat U gawes om u liggaam te dien aan ons toevertrou het. Help ons om innig lief te hê en daadwerklik op te tree, veral wanneer ons ‘n behoefte in ons kerkfamilie bespeur. Mag ons lewens, aangevuur deur u liefde, helder skyn en ander na U toe aantrek. Amen.

Day 20Day 22

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy