YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 18 OF 43

God Begeer Bekering

Lees: Romeine 2:4; 2 Korintiërs 7:10; 2 Petrus 3:9

SOAP: 2 Korintiërs 7:10

"want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood."

Oordenking

Het jy al ooit stil geraak en nagedink oor die grootsheid van God se karakter? Hy kan beide toorn en barmhartigheid, geregtigheid en barmhartigheid besit en hulle volmaak bied. God kan na ons sonde kyk en dit haat, maar ook aan ons barmhartigheid bied en begeer dat ons berou sal toon en ons na Hom toe sal wend.

Sedert die skepping het God Homself bekend gemaak. Hy het sy karakter en sy liefde getoon deur die skepping, sy mense en Homself. Alhoewel Hy heilig is en sonde nie kan verdra nie, het Hy 'n weg gemaak vir ons om met Hom versoen te word. Sy begeerte is dat ons almal ons sal bekeer en na Hom toe wend.

Wanneer ons in Christus glo, het ons die Heilige Gees in ons. Wanneer ons sondig, ervaar ons Goddelike hartseer. Hierdie hartseer is nie verdoemenis nie, maar is bedoel om ons na God toe terug te lei. Die doel is beide om ons te wys dat ons God nodig het, asook om ons tot te bekering te lei sodat ons ons na Hom sal keer.

Dikwels kan daardie hartseer voorkom wanneer ons God se goedgunstigheid raaksien. Ja, daar is tye wanneer God sal toelaat dat ons die gevolge van ons sondes ervaar, natuurlik of andersins. God se goedgunstigheid is egter wat ons dikwels tot belydenis lei. Wanneer ons sien en verstaan hoe lief God ons het, word ons geroer om van ons sondes af weg te keer en Hom te volg.

God wil hê dat ons ons behoefte aan Hom sal erken en ons bekeer. Daardie bekering lei eerstens tot verlossing en dan voortdurende heiligmaking vir die res van ons lewens. Wanneer ons hartseer en droefheid oor ons sonde ervaar, mag ons dit herken as barmhartigheid van God, wat bedoel is om ons tot bekering te bring. Mag ons ons van sonde wegkeer na Hom toe, sodat Hy ons hartseer met ware vreugde kan vervang.

Day 17Day 19