YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 17 OF 43

Soek God se Genade

Lees: Psalm 51

SOAP: Psalm 51:3-4

"Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredinge uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!"

Oordenking

Ons as gevalle mense doen almal elke dag dinge wat teen God en sy volmaakte plan indruis. Ons sondig, ons doen dinge met selfsugtige voornemens, ons is trots en arrogant en ons wil ons eie begeertes vervul eerder as om God te gehoorsaam.

Lydenstyd is 'n tydperk om ons te herinner aan die erns van ons sondes. Jesus moes sterf om ons in 'n regte verhouding met God te herstel. Die gevolge van ons sondes is ernstig. Deur ons geloof in Christus te plaas, erken ons dat daar niks is wat ons kan doen om onsself te red nie.

Bekering is 'n belangrike dissipline in die lewe van 'n gelowige. Die daad van bekering is 'n daad van nederigheid, om voor God te erken dat ons ongehoorsaamheid aan Hom verkeerd was. Bekering is egter meer as belydenis. Bekering is 'n hartsverandering, 'n voortdurende wegkeer van sonde en terugkeer na God toe. Bekering is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, maar 'n houding van ons harte.

Toe Dawid gesondig het deur met Batseba te slaap en toe haar man laat doodmaak het, het God hom van sy sonde oortuig. Dawid moes die gevolge van sy sonde hanteer en dit was baie ernstig. Dawid het egter ook God se genade erken. Hy het hom bekeer, van sy goddelose dade afgewyk en deernis en vergifnis by God gesoek.

Ons God is genadig en vol deernis. Hy tree met groot barmhartigheid op deur ons nie die straf te gee wat ons sondes verdien nie. Deur Jesus se offer het Hy ons verkeerde dade weg gewas en ons van sonde gereinig. In die daad van bekering, erken ons dat ons gesondig het en vra ons ons Verlosser vir sy groot genade en deernis. Mag ons voortdurend sy genade soek, wetende dat dit nie saak maak hoeveel keer ons misluk nie, sy genade raak nooit op nie.

Scripture

Day 16Day 18

About this Plan

Lydenstyd

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.

More