LydenstydSample
Week 4 : Liefdadigheid
Memoriseervers:
"Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is" Hebreërs 13:16.
Uitdaging vir die week :
'n Deel daarvan om onsself leeg te maak om met Christus gevul te word, behels liefdadigheid. Liefdadigheid is ‘n daad van geloof wat aandui dat ons glo dat God in ons behoeftes sal voorsien as ons uit ons oorvloed gee. Vra hierdie week vir God om aan jou te openbaar waar Hy wil hê jy moet finansieel gee. As jy voel jy het nie die middele nie, vra Hom om jou te wys hoe jy op 'n ander manier liefdadig kan wees met wat jy wel het.
Scripture
About this Plan
Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More