YouVersion Logo
Search Icon

LydenstydSample

Lydenstyd

DAY 24 OF 43

Geen Waarde in Rykdom nie

Lees: Psalm 49; Matteus 6:19–21

SOAP: Matteus 6:19–21

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak wwar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees."

Oordenking

Hierdie week bestudeer ons nog 'n belangrike aspek van die Lydenstyd: liefdadigheid. Liefdadigheid is 'n uiters belangrike aspek van ons geloof en in hierdie tydperk sien ons hoe dit verband hou met wat Christus vir ons gedoen het. Soortgelyk aan vas, is liefdadigheid 'n manier waarop onsself leegmaak van die dinge wat ons van God af wegtrek, spesifiek geld en besittings. Liefdadigheid, of om te gee, wys ons geloof en verteenwoordig die manier waarop ons onsself leegmaak om met Christus gevul te word.

Die skrywer van Psalm 49 waarsku ons teen die gevare van 'n liefde vir geld. Selfs al lyk dit of ons lewens hier op aarde gemakliker of beter onder ons beheer sal wees wanneer ons baie geld het, hou dit in terme van die ewigheid vir ons geen voordeel in nie. Hy waarsku teen die gevare daarvan om net vir rykdom te leef en die verwoesting wat dit bring.

Jesus het in sy onderrig herhaalde kere gesê hoe belangrik dit is om Hom te volg en om nie aan jou rykdom vas te hou nie. Baie ryk mense wou Hom volg, maar was onwillig om van hulle rykdom of besittings afstand te doen. Jesus het sy volgelinge geleer om skatte in die hemel bymekaar te maak, nie op aarde nie.

Ons sal hierdie week in meer diepte na die belangrikheid van liefdadigheid kyk, maar in die kern van liefdadigheid is ons verhouding met geld. As ons te vas aan ons rykdom is, sal dit soos 'n geweldige opoffering voel om te gee. Wanneer ons egter erken dat alle seëninge — insluitende ons finansiële seëninge — van God alleen is, is ons meer gewillig om te gee en ander so te seën.

Liefdadigheid is een manier hoe ons onsself kan leegmaak sodat ons deur Christus gevul kan word. Wanneer ons skatte in die hemel is en nie op aarde nie, sal ons harte volg. Kom ons wees gewillig om onsself deur liefdadigheid leeg te maak en God toe te laat om ons weer met Homself te vul.

Day 23Day 25

About this Plan

Lydenstyd

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.

More