YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kom Saam, Inspirasie vir jou LewensreisSample

Kom Saam, Inspirasie vir jou Lewensreis

DAY 7 OF 7

HOE VER IS MY BESTEMMING

"Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie" (Handelinge 1:9).

Jy het teen hierdie tyd al agtergekom dat ons reis ons nie na Plettenbergbaai of Upington neem nie. Ja, jy is reg: Ons reis gaan oor waar ons eendag sal aankom na ons dood.

Ons is nie altyd lus om hieroor te dink nie, want die lewe is nog vol en besig en baiekeer besluit ons heimlik om eers sulke gedagtes te los vir wanneer ons nou regtig oud is.

My oudste boetie is op sy sesde verjaarsdag oorlede. My ma was 93 toe sy oorlede is. Ek het verlede week gehoor van ‘n pasgebore babatjie wat dood gebore is. ‘n Jong seun van agtien sterf in ‘n motorongeluk. Ons ouderdom bepaal nie wanneer ons reis op aarde voltooi is nie.

God het Noag gevra om ‘n ark te bou. Hy het nie eens naby ‘n see of ‘n rivier gewoon nie, maar hy was ten spyte van die mense se gespot, gehoorsaam. Hy het elke dag voluit gedoen wat God van hom gevra het. Die reën en vloed het eers ongeveer 75 jaar later gekom!

Die Bybel leer vir ons dat net God weet wanneer dit ons laaste dag op hierdie aarde gaan wees. Ons weet nie hoe ver of naby ons eindbestemming regtig is nie. God wil egter hê dat ons elke dag voluit en met oorgawe sal lewe. Om dit reg te kry, moet ons Hom net so volkome soos Noag vertrou.

God sal ons op sy tyd kom haal. Intussen kan ons vashou aan sy belofte: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” (Jeremia 29:11).

GEBED: Hemelse Vader, vat asseblief vandag my hand en hou dit styf vas. Help my om U volkome te vertrou. Amen.

Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy