YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kom Saam, Inspirasie vir jou LewensreisSample

Kom Saam, Inspirasie vir jou Lewensreis

DAY 4 OF 7

EK LUISTER NA MUSIEK

“ ... laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here” (Efesiërs 5:18b, 19).

Ons gesin het graag saans om die klavier liedjies gesing — van “Danny Boy”, “Ob-La-Di, Ob-La-Da”, “Tulips From Amsterdam” tot “Bless This House”. Dis mooi herinneringe aan tye wat my as kind ‘n gevoel van vreugde en geborgenheid gegee het.

Sing jý nog? Of maak die lewe jou so moeg en tam dat jy nie die energie of lus daarvoor het nie? Kom ek en jy gaan vertoef ‘n wyle by Jesus se voete. As ons vol van die Heilige Gees is, sal ons lewe spontaan getuig van aanbidding en danksegging. Sodra ons God begin prys met lofliedere, sal ons Hom meer kere wil aanbid en oor Hom wil getuig.

Dalk voel jy jy kan nie mooi hardop sing nie. Dit maak nie saak nie. God sal vir jou ‘n pragtige melodie in jou hart gee. Eer Hom daarmee. Praat met Hom oor jou dankbaarheid en liefde.

Merlin R. Carothers het wonderlike boeke geskryf oor hoe om God te prys in tye van swaarkry en seer. Die oomblik wanneer ons kies om Jesus te loof en prys ten spyte van ons hartseer, sal ons sien hoe God ons omstandighede verander.

Spurgeon het opgemerk: “Kyk af en sê dankie, want jy is uit die hel gered; kyk regs en sê dankie, want jy is ryklik geseën met genadegawes; kyk links en sê dankie, want jy word teen dodelike siektes beskerm; kyk op en sê dankie, want jy het die voorutsig om hemel toe te gaan."

GEBED: My Hemelvader, vandag loof en prys ek U omdat U vir my lief is. Dankie dat u goedheid en guns oral saam met my gaan. Dankie dat u genade vir my genoeg is. Amen.

Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy