Kom Saam, Inspirasie vir jou LewensreisSample
EK RAAK ANGSTIG
"Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op" (Spreuke 12:25 AFR53).
‘n Vlieënier het eendag, terwyl hy vir die landing begin gereed maak het, skielik sy sig verloor. Hy kon glad nie die kontroles sien om te gebruik nie. Hy was in skok. Dit het sy hele perspektief verander. Gelukkig was die lugverkeerbeampte kalm en beheersd en het presies geweet watter instruksie om wanneer te gee. Die vlieënier moes ten spyte van sy angs noodgedwonge fyn luister na die instruksies. Hy kon veilig land danksy die vriendelike gerusstelling van iemand met outoriteit op die gebied.
Ons beleef op ons lewensreis tye wanneer dit vir ons voel of ons blind vlieg. Dalk raak ‘n kind siek of ons is in ‘n ernstige motorongeluk betrokke. Miskien verloor ons ons werk en het geen inkomste meer nie. Vriende steek ons dalk in die rug. Soveel dinge kan met ons gebeur. Ons raak dan so maklik angstig, jaag dokter toe, gryp ‘n handvol pille en probeer self deur die blind-wees-tye werk.
Eintlik is dit nie nodig nie, want as ons Jesus het, het ons ‘n “lugverkeerbeampte” wat ons reis 24/7 monitor. Ons moet net fyn na sy stem luister. Ons moet wegkom van geraas en van heeltyd besig wees sodat ons kan hoor met hoeveel gesag Hy met ons praat en hoe vriendelik sy stem is.
Kom ons lees ons Bybel. Ons sal dan weer besef dat daar Iemand is wat weet waarvan Hy praat as Hy ons troos en vir ons die regte pad wys wat ons moet volg. Hy sal toesien dat ons veilig land.
Luister na God se stem.
GEBED: Liewe Heer, ek is vandag blind van angs! Help my asseblief om fyn te luister na u stem. Dankie dat U die Een is wat my help. Amen.
Scripture
About this Plan
Kom sit jou bagasie by Jesus Christus se voete neer en toer sewe dae lank saam met my deur herinneringe van seerkry en vreugde. Mag jy saam met my uitsien na 'n hemelse paradys saam met Jesus.
More