YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 50 OF 364

Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?

1. Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? Het jou gedagtes deur die jare verander daaroor? Waarom? Waarom nie?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

  • Jy mag nie nog ander gode buiten God aanbid nie.
  • Jy mag nie vir jouself afgode maak en hulle aanbid nie.
  • Jy mag nie die Naam van God sonder respek gebruik nie.
  • Jy moet die rusdag vir God vier.
  • Behandel jou ouers met respek.
  • Moenie mense doodmaak nie.
  • Moenie egbreuk pleeg nie.
  • Moenie iets steel nie.
  • Moenie valse verklarings aflê nie.
  • Moenie afgunstig raak nie.

3. Hoe verryk hierdie antwoord jou gedagtes oor die Tien Gebooie?

4. Lees die wet Eksodus 19:1-6; 20:1-17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

God het die Israeliete uit Egipte gered. Hulle het by die berg Sinai kamp opgeslaan. God het vir Moses gesê dat Hy hulle as’t ware op die vlerke van ’n arend opgelig het en hier na Hom toe gedra het. As hulle regtig gehoorsaam is aan God en vashou aan sy verbond met hulle, sal hulle sy persoonlike volk wees tussen al die nasies van die wêreld. Die hele wêreld behoort aan Hom, maar hulle sal in besonder die nasie wees wat aan God toegewy is. God het toe vir Moses die Tien Gebooie gegee sodat hulle Hom kan gehoorsaam.

6. Watter dele van die Tien Gebooie spreek jou aan? Hoe kan dit jou maatstaf word vir wat jy glo, dink en doen?

Day 49Day 51

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More