YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 110 OF 364

Wat is afgodery? – Handelinge 15:20

Dit tref my net weereens hoe groot die teenstand teen die evangelie van Jesus Christus is. Wat wel nuut was van die teenstand wat in Handelinge 15 opgebou het, was dat dit uit eie geledere ontwikkel het. En dit gaan oor die lewenstyl vir die hede en toekoms sowel as respek vir die tradisie, in hierdie geval die besnydenis. Wat dit uiters problematies gemaak het, was dat die voorstanders van die besnydenis dit aan gelowiges se redding verbind het. Paulus en Barnabas het hulle onmiddellik daarteen verset, omdat enigiets wat as noodsaaklik verkondig word, naas geloof in Jesus Christus, per definisie eintlik verkeerd is en die dood in die pot vir gemeenskap.

Maar, teenstand het ook altyd ’n positiewe gevolg, in hierdie geval, dat die geloofsgemeenskap fundamenteel moes dink oor wat kan hulle van mekaar verwag in die uitleef van hulle geloof, en dat in die proses van geloofsonderskeiding, hulle ons ook wys hoe ’n mens besluitneming in die geloofsgemeenskap moet hanteer sodat dreigende verskille oorbrug kan word.

Die uitkoms van die vergadering van gelowiges in Jerusalem is daarom merkwaardig. Twee breë voorskrifte uit die wet is op alle gelowiges van toepassing gemaak. Hulle moes eerstens wegbly van enige kontak met afgodery. Dit sluit diere wat verwurg is en die drink van bloed in. Hulle moes tweedens wegbly van seksuele sondes.

1. Wat dink jy van hierdie uitkoms? Wat beteken dit vir ons vandag?

Dit is interessant hoe gereeld afgodery en seksuele sondes aan mekaar verbind word in die Skrif. Ook in gister se gedeelte in Romeine 1.

2. Waarom dink jy is die twee dinge só ‘n kritiese kwessie vir God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die noodsaak om afgodery en seksuele sondes voortdurend en volhardend te vermy.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Handelinge 15 met die tema: Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille.

Scripture

Day 109Day 111

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More