YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 89 OF 365

Spreuke kontrasteer die betroubaarheid van die regverdiges met die bedrog van die goddeloses. Die regverdiges oorweeg alles wat hulle sê en doen dan dit wat vir God reg is. Dit red hulle en dié wat na hulle luister. Dit word bevestig in hulle nalatenskap.

Die goddelose mense bedrieg ander vir eie gewin – dink aan Jakob se bedrog (Genesis 27:35) – en soek ander se ondergang. Dit sal hulle egter suur bekom, want hulle kom tot ’n val deur hulle eie toedoen. Soos Jesus sê, die wyse man bou sy huis op die rots – om te luister na en te leef in wat God sê. Die dwase man bou sy huis op die sand van sy eie bose planne (Matteus 7:24-27).

Day 88Day 90

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More