YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 88 OF 365

Spreuke besing die lof van ’n knap vrou teenoor een wat skande maak. Die een bou haar man op. Sy is vir hom soos ’n kroon. Die ander breek haar man af. Sy is vir hom soos ’n kanker.

Die woord “knap” (ḥayil) kan ook met “sterk”, “dapper”, “vermoënd” en “vaardig” vertaal word. Dit kan selfs met “kragtig” vertaal word wat seksuele konnotasies het (Spreuke 31:3). Die woord “skande maak” (mĕḇîšâ) het ook seksuele konnotasies in sommige kontekste. Dit word bv. in kontekste gebruik waar onsedelikheid ter sprake is (Hosea 2:7).

Interessant genoeg word die Spreuke 31-vrou ook met die woord ḥayil beskryf (Spreuke 31:10). So ook Rut (Rut 3:11). Dit is waarom Peterson hierdie vers só vertaal: "'n Hartlike vrou verkwik haar man, maar 'n ysige vrou is kanker in die bene.” Iets om oor na te dink.

Scripture

Day 87Day 89

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More