YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 355 OF 365

Selfs alledaagse dinge is vir ons onverklaarbaar. Tog werk dit!

Verse 18 en 19. Agur is ook verwonderd oor die onverklaarbaarhede van alledaagse dinge van sy tyd. Hy verwys na vier goed wat waarskynlik met die vier klassieke natuurelemente van lug, aarde, water en vuur (liefde) verbind kan word en spel dit uit as sy verwondering oor:

  • die aërodinamika van voëls,
  • die golwende slangbewegings,
  • die dryfvermoë van skepe, en
  • die hormone van mense.

Hy vra natuurlik nie regtig vir ‘n verklaring nie, al sou hy met die kennis van daardie tyd in elk geval moontlik daarmee gesukkel het. Hy probeer eintlik sy verwondering uitdruk dat dié goed so wonderlik werk, sonder dat hy dit noodwendig kan verklaar.

‘n Mens sou kon byvoeg, sonder dat ‘n verklaring die waarde van sy waarneming of die wonder daarvan sou verdiep. Waar ons vandag die eerste drie voorbeelde kan verklaar, bly die vierde natuurlik steeds ‘n misterie.

Ons kan net goed doen om verby ons verklarings te beweeg om weer die wonder van die natuur en die verwondering daaroor te herontdek. Verklarings het die manier om jou verwondering te beperk, en jou die bewussyn van die misterie van die lewe te laat verloor.

Ontrouheid is veragtelik.

Vers 20: In teenstelling met dié verwondering oor misterie, is daar die veragting vir ontrouheid tussen geliefdes, veral waar dit ontken word en as ‘n alledaagse onbenulligheid hanteer word. Dit bly vir my verstommend dat ons in ‘n tyd waar ons só baie weet, en só baie kan verklaar, nie met meer passie getrou bly aan mekaar, en die liefde bo alles beskerm nie.

Day 354Day 356

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More