YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 357 OF 365

Leer by die diere hoe om jou potensiaal te verwesenlik!

Verse 24 tot 28. Daar is vier soorte diere wat oënskynlik onbeduidend lyk, maar groot potensiaal het en dit boonop verwesenlik. Die kontras met die vorige spreuk en die ooreenkoms met die volgende een verhoog die krag hiervan:

1. Miere wat vir die toekoms voorsien;

2. Dassies wat veilig teen die kranse woon;

3. Sprinkane wat sonder ‘n leier in formasie kan vlieg;

4. Geitjies wat hulle selfs in ‘n koning se paleis tuismaak.

Martin sê in sy kommentaar daarop dat dié vier voorbeelde wys dat grootte en krag nie alles is nie. En dat dié vier diere as metafore optree vir die praktiese wysheid en waarheid van voorsorg, sekuriteit, dissipline, en deursettingsvermoë.

Day 356Day 358

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More