Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 26: 'n Wyse koning oordeel met integriteit en ontbloot en straf goddelose mense. Spreuke gebruik die metafoor van ’n klipwiel wat op ’n dorsvloer oor die koring gerol word om die koring se dop te breek. Só maak die koning met bose mense. Daarvoor het hy natuurlik self integriteit nodig (Spreuke 20:8) sowel as liefde en trou aan sy lojale onderdane (Spreuke 20:28).
Vers 27 verwys na die skepping van die mens waar God die “asem van die lewe” in Adam geblaas het (nišmat – Genesis 2:7). Daarom word dit hier vertaal met “gees”. Dit is daardie geestelike dimensie van ons wese waarmee ons met God in kontak kom. Dit is die setel van ons morele, intellektuele en geestelike vermoëns. Sommige vertaal dit daarom ook met “gewete”.
Die metafoor waarmee hier gewerk word is dat die “gees” van die mens soos ’n lamp van die Here is wat van kamer tot kamer in die innerlike mens gaan om God se lig daarop te laat skyn. Spreuke sê hiermee dat ons in ons gees weet wat God wil hê. Dit is die deel waar die Gees met ons werk, soos Paulus ons in die Nuwe Testament leer (Romeine 9:1).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Mark | Reading Plan + Study Questions

A Simple Guide to a Better Marriage

How to Read Your Bible 101

Seek God Passionately

Hall of Faith

Lessons From the Life of Joseph

The Bible for Young Explorers: Mark

Do Whatever He Says: A Powerful Revelation of John 2

Fuel the Fire Pt 2
