YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 223 OF 365

Selfverheffing en hoogmoed lei tot goddeloosheid. Die tweede deel van die vers kan op twee maniere vertaal word:

1. "Die lamp van die goddelose is sonde", die goddelose se koers word deur die sonde bepaal (1 Konings 11:36 waar die koning as 'n lamp of 'n lig beskrywe word; die woord word hier in 'n negatiewe sin gebruik).

2. "Die geploegde land van die goddelose is sonde", die goddelose se lewe word deur sonde gekenmerk (Hosea 10:12).

Dit is eintlik so vanselfsprekend. Verloor jou ontsag vir ander, dan verloor jy jou ontsag vir God. Die omgekeerde is ook waar. Verloor jou ontsag vir God, dan verloor jy ook jou ontsag vir ander, iets wat regdeur Spreuke beredeneer word. En dit is ook wat die wet sê (Eksodus 20), en waarby Jesus in die Nuwe Testament aansluit met die liefdesgebod (Matteus 22) – die liefde vir God en jou naaste is die diepste waarheid oor wat die lewe die moeite werd maak, ware lewenswysheid. ‘n Mens gehoorsaam dus nie die liefdesgebod omdat God jou verplig nie, maar omdat dit die wyse ding is om te doen, en die lewe dan vir almal die moeite werd word.

Scripture

Day 222Day 224

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More