YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 222 OF 365

Reg en geregtigheid – gehoorsaamheid aan God se bevele in die Skrif – is vir God beter as offerandes. So leer die profete ons ook: Samuel (“gehoorsaamheid is beter as offerande” – 1 Samuel 15:22), Jesaja (“Ek verdra nie feesviering saam met onreg nie” – Jesaja 1:13), Jeremia (“julle moet leef soos Ek julle beveel” – Jeremia 7:22-23), en Hosea (“Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied” – Hosea 6:8). Daarmee word offerandes nie afgeskiet nie, maar hulle waardeloosheid uitgewys as dit nie gepaard gaan met ’n regverdige lewe nie. God se guns kan nie met offerandes “gekoop" word nie. Hy soek absolute gehoorsaamheid aan sy geopenbaarde wil in die Skrif.

Scripture

Day 221Day 223

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More