YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 221 OF 365

Spreuke 21 toon van meet af aan meer van ‘n eenheid as van die ander hoofstukke in hierdie versameling van Salomo se spreuke. Dit begin en eindig met ‘n verwoording van God se aktiewe betrokkenheid in alles wat gebeur, van die koning af regdeur tot by gewone mense (Spreuke 21:1-2; 21:30-31).

Vyf keer word die woord "reg" en twee keer die woord "geregtigheid" gebruik om die lewenstyl wat God se guns wegdra, uit te druk, veral in die sin om ‘n hoë premie te stel om goeie verhoudinge oor die spektrum van die lewe te handhaaf (Spreuke 21:2, 3, 7, 15, 18, 21).

Dit verskaf die goue draad wat die spreuke by mekaar laat pas. Die kersie op die koek – die sleutel om die hoofstuk se boodskap te verstaan – is die spreuk wat die herstel van verhoudinge in God se regverdigheid sien – die "Regverdige Een" soos die "regverdige" daar vertaal kan word (Spreuke 21:12). God se reg en geregtigheid motiveer ons om goeie verhoudinge te handhaaf. Ons kan Hom immers vertrou om dinge reg te stel.

Vers 1: Die Here bepaal ‘n koning se koers. Sy wil en besluite ("hart" in Hebreeus) is in God se hand. Hy lei dit in God se rigting soos 'n stroom water. Dit gee ‘n mens moed om God se hand aktief te soek in alles wat gebeur, selfs wanneer jy geen direkte invloed daarop kan uitoefen nie.

Soos Richard Niebuhr so raak gesê het: “God tree in alle aksies vir jou op. Reageer dus op alle aksies teen jou soos om op sy handeling te reageer." (The Responsible Self)

Dit geld ook vir die invloed van die konings van hierdie wêreld. Vers 2: Jy kan die Here nie flous met jou planne nie, want Hy toets of weeg die hart - jou karakter, jou gesindheid en motiverings (Spreuke 16:2). Spreuke 17:3 sluit hierby aan en spel uit hoe God “harte" toets: Hy louter dit soos ‘n mens goud in ‘n oond hanteer, onder buitengewone “warm” omstandighede!

Day 220Day 222

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More