YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 218 OF 365

Vers 24 formuleer ’n diep waarheid. God bepaal ’n mens se koers, want Hy ken ons pad van begin tot end. Wysheid is dus om baie naby aan Hom te leef, maak nie saak hoe daardie pad ontvou nie. Dié spreuk is daarom beide ‘n waarskuwing dat ons nie moet dink dat ons op ons eie kan regkom nie, maar ook ‘n vertroosting, dat in ons soeke na sy wil, ons op sy betrokkenheid, begeleiding en beskerming kan reken. Vers 25 waarsku tereg dat jy vir jouself ’n strik stel as jy oorhaastig iets aan die Here belowe en eers agterna besef wat jy regtig belowe het. Bereken die koste voor jy belowe! Vergelyk Prediker 5:4: "Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie."

Day 217Day 219

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More