Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 9: Jou houding teenoor mense bepaal hoe jy hulle oortredinge gaan hanteer. As jy oortredinge “bedek”, wys dit jou liefde. As jy vorige oortredinge gedurig ophaal, breek jy verhoudings, selfs tussen boesemvriende (Spreuke 10:12).
Dit beteken natuurlik nie dat sonde oorgesien word nie. "Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang" (Spreuke 28:13). Dit beteken ook nie dat jy nie ander oor sonde tereg moet wys nie. "’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene" (Spreuke 27:5-6).
Dit leer ons egter om in liefde te lewe.
Vers 10: Verstandige mense is 'n honderd keer meer sensitief vir dreigemente as dwase. Vers 11: 'n Bose mens wil net rebelleer, maar die kwaad wat só ‘n mens beplan, haal uiteindelik homself in. Daarvoor sorg God (vers 13).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More