Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 14: Die begin van ’n rusie is soos water wat by ’n swakplek in ’n watervoor deurbreek. Stop dit voor dit in ’n volskaalse (reg)stryd ontwikkel. Vers 15: Die persoon wat op eie insig die goddelose regverdig en die regverdige goddeloos verklaar, is vir die Here ’n gruwel, want hulle rebelleer teen en verdraai die openbaring van God in die Skrif (Deuteronomium 25:1).
Dit is so goed Abraham bid vir die goddeloses in Sodom en Gomorra asof hulle regverdig is en dat die goddeloses eerder as die regverdiges gered behoort te word (Gen 18). Of dit is soos ’n regter wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld en die onskuldige sy reg ontneem (Jesaja 5:23).
Die Here is egter in sy wese regverdig en “vind nie ’n onskuldige skuldig nie” (Eksodus 23:7). Hy is gelukkig ook genadig. Hy verklaar goddeloses regverdig wat in Hom glo en Hom gehoorsaam (Romeine 4:5). Dit is dieselfde genade wat Lot en sy mense van die oordeel oor Sodom en Gomorra gered het (2 Petrus 2:7). Soos dit ook die geval was met die redding van Noag met die sondvloed (2 Petrus 2:5).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More