YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 171 OF 365

Peterson vertaal vers 17 as volg: "Kies jou vriende versigtig. ’n Ware vriend sal jou deur dik en dun bystaan. Soos ’n goeie broer is hy altyd by jou. ’n Mooiweersvriend sal jou net ondersteun terwyl dit goed gaan.” (DB). Ware vriendskap en familie wys sy waarde in swaar tye.

Spreuke verfyn hierdie gedagtes op ’n paar plekke (’n vriend kan nader wees as ’n broer – Spreuke 18:24; ou vriende, veral vriende van jou ouers, kan soms meer beteken as ’n broer – Spreuke 27:10; ’n buurman is soms nader as ’n broer – Spreuke 27:10).

Spreuke is egter ook baie bewus van die teendeel (’n verontregte broer kan onversetlik teenoor jou raak – Spreuke 18:19; verkeerde maats kan jou breek – Spreuke 18:24; armoede kan enige verhouding versuur – Spreuke 19:7).

Vers 18 waarsku dat ’n mens nie moet borg staan vir enigiemand se skuld nie (Spreuke 6:1-6). Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens iemand anders iets kwytskeld of help met ’n geskenk nie (Spreuke 3:27-28).

Day 170Day 172

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More