YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 175 OF 365

Vers 24 herinner ons daaraan dat wysheid nie moeilik is om te vind nie, want God gee dit vir dié wat dit soek. Moses beklemtoon die rol van die Woord: "Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe” (Deuteronomium 30:14). Jakobus beklemtoon die rol van gebed: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee” (Jakobus 1:5).

Die dwaas se oë is egter nie op God en sy Woord gerig nie, maar op watter wysheid die wêreld vir hom kan gee, soos dit letterlik daar staan: “die oë van ’n dwaas is gerig op die einde van die aarde.”

Vers 25: Dwaasheid maak ouers egter seer. ’n Dwase seun is ’n hartseer vir sy pa, ’n bitterheid vir sy ma wat aan hom geboorte gegee het.

Day 174Day 176

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More