Spreuke – eenjaarleesplanSample

Salomo vervolg sy waarnemings oor God se werk in gewone mense se lewe. Hy skryf verder oor hoe dit werk in die koning se lewe en regering. Hy skets die kenmerke van ’n ideale koning. Vers 10: Die koning praat met Goddelike gesag. Vers 11: Die koning gebruik God se maatstawwe in die regspraak. Waar dit die geval is, floreer 'n volk. Waar dit nie die geval is nie, krepeer 'n volk. In alle gevalle vorm hierdie hele gedeelte (vers 10 - 15) ons gebede vir leiers en regeerders.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More