Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 8: Salomo se gevolgtrekking in hierdie perikoop is dat só 'n lewe – ’n regte lewe – beter is as baie inkomste en die verkeerde verhouding met God en die gemeenskap. Vers 9:. Dan sluit Salomo af met die herhaling van vers 1, dat ons planne moet inpas in wat God wil hê. Dan kan ons verwag om sukses te behaal.
Geen wonder dat hierdie nege verse aan die grondslag lê van vele idiome wat deur die eeue hieroor geformuleer is nie. Uit Eritrea kom dié een: “Die mens begin; God voltooi” (“Proverbs”, in Africa Bible Commentary). ‘n Engelse idioom sê: “Die mens stel voor; God beskik” soos in vele kommentare nagevolg. In Afrikaans is daar: “Die mens wik, maar God beskik.” Paulus het in Filippense 2:12-13 dit as volg verwoord: “My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees noudat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More