YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 116 OF 365

Spreuke waarsku teen leuenagtigheid en ligsinnigheid. Regdeur Spreuke word die vernietigende effek van die bedrog van leuens uitgewys. Dit stook rusie tussen broers (Spreuke 6:19; 24:28). Dit maak alles vals en besoedel jou karakter (Spreuke 12:17; 14:25). Dit bring jou in die moeilikheid (Spreuke 19:5,9; 21:28).

Leuens is soos ’n knopkierie waarmee jy iemand slaan, of ’n swaard waarmee jy iemand steek, of ’n skerp pyl waarmee jy iemand skiet (Spreuke 25:18). Ligsinnigheid is net so erg (Spreuke 13:1). Dit dui op iemand wat met geen respek van ander praat en wat vir hulle belangrik is nie.

Spreuke gebruik die woord “spotter” vir so 'n persoon. Dit is iemand wat spot met wat vir ander heilig is; wat wysheid op ’n arrogante, siniese manier minag. Hulle het geen waardering vir wyse woorde nie, ook nie dié van teregwysing nie. Die tragiese gevolg is dat ’n spotter soms vir wysheid sal soek, maar dit nie vind nie. Terwyl ’n wyse baie maklik kennis bekom.

Day 115Day 117

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More